Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG 30 OKTOBER 2016

Goeie môre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuus bulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 plaaslike tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Hierdie uitsendings word ook via Echolink herlei deur ZS0JPL.

‘N Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za,afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

STIL SLEUTELS

Ons het die volgende inligting ontvang van Dennis Green, ZS4BS.

Dit is met leedwese dat ons die afsterwe van twee radioamateurs in die afgelope week moet aankondig. Die inligting is gevind op die SARL Forum.

Die sleutel van Peter Venter, ZS6BYZ, het stil geword in die afgelope week. Hy is in 1975 gelisensieer en het vir Hamrad gewerk in die 1970's en 80's.

Die sleutel van Selwyn Staples, ZS6SS, het stil word op Saterdag 22 Oktober 2016.

Ons betuig uit innige meegevoel aan hul families en vriende.

(PAUSE)

IN VANDAG SE NUUS

HELDESAAL BENOEMINGS NOU OOP

TROPOSFERIESE SEIN VOORTPLANTING

SDR WERKWINKEL

EN WEDSTRYDNUUS

Bly ingeskakel vir meer hieroor asook ander belangrikke inligting


*** Die SARL se Toekennings bestuurder Tjerk Lammers ZS6P het aangekondig dat nominasies vir die volgende rondte van insluitings in die Ere gallery nou oop is. Die Ere gallery erken blywende bydraes tot die ontwikkeling van Amateurradio in Suider-Afrika en help om die geskiedenis van radio te bewaar.
Na die suksesvolle aanvanklike inlywing van nege lede by hierdie jaar se Toekennings dinee, het Liga lede besluit om nog 'n groep van tot tien individue in 2017 toe te laat. 'n Nominasie templet is deur die SARL se tuisblad beskikbaar. Nominasies moet voor die einde van Februarie 2017 ingestuur word.
Lede sal in Maart vir nominasies stem, en die nuwe inlywings sal by die SARL-Toekennings dinee in April aangekondig word.
Van 2018 af sal 'n maksimum van een lewende en een afgestorwe lid per jaar ingelyf word. 2017 is dus die laaste groot geleentheid om die wat diep spore in ons stokperdjie getrap het, te eer. Dis nou tyd om aan daardie nominasies te begin werk!

*** Mike Bosch, ZS2FM, berig die volgende:
Volgens Mike is daar drie soorte troposferiese sein voortplanting naamlik Tropo versterking, Tropo geleiding en Tropo strooing. Tropo versterking en tropo geleiding vind plaas op frekwensies tussen 50 MHz en 10 GHz, en is die gevolg van temperatuur omskakelings.

Temperatuur omskakeling vind plaas wanneer ‘n grens lae lug tussen warm droeë lug bo en koel vogtige lug onder vas gevang word. Hierdie verskynsel vind byna elke aand ongeveer ‘n uur na sononder plaas wanneer koel vogtige lug van die see af onder die warm lug oor land in beweeg. Daar word dan ‘n lug laag tussen die twee teenoorgesteldes vas gevang.

Hierdie grens laag is dan die outjie wat die BHF en UHF seine dan terugkaats, en die toestand duur voort totdat die temperatuur atmosferiese temperatuur stabiliseer. Soms word so omskakeling ook gevorm wanneer ‘n koue front in beweeg wat dan dieselfde verskynsel tot gevolg het maar teen baie hoër vlakke, ongeveer 500 tot 2000 meter bo see vlak. Dit vorm dan ‘n geleidings geut wat seine oor baie langer afstande kan dra. Die afsny frekwensie in hierdie geval is ongeveer 144 mHz en hoër.

Tropo strooing vind deurlopend plaas op frekwensies tussen 50 MHz en 10 GHz maar is onderhewig aan stadige en baie diep kwyning, of dan QSB. Hier word die sein weerkaats deur klein stof deeltjies in die atmosfeer. Hierdie verskynsel kan vergelyk word met die verligting van die nag hemel deur ‘n motor se ligte, wanneer die motor agter ‘n heuwel of die horison is en ons slegs die lig in teen die stof deeltjies kan sien.

Hierdie vorm van kommunikasie word egter baie bemoeilik aangesien die sein meestal swak is ten spyte van die deurlopende beskikbaarheid daarvan. Dit verg gewoonlik die gebruik van hoë wins antennas en baie krag, maar afstande van tot 800km kan bereik word.

Op BHF kan strooing gebruik word wanneer Tropo versterking nie beskikbaar is nie. Met kleiner lugdrade en versterkers is afstande van tot 250 km wel maklik moontlik.

*** Hans van de Groenendaal, ZS6AKV, se dat die Sagteware Gedefinieerde Radio werk winkel op Saterdag 26 November 2016 jou sal jou in staat stel om af te skop met hierdie wonderlike tegnologie. Die werk winkel, wat aangebied word deur AMSATSA en die SARL, sal aanbiedings oor die basiese SGR begindsels insluit. Anton Janovsky, ZR6AIC, kom demonstreer ‘n SGR herhaler wat hy met behulp van ‘n katoeter (Dongle) en Raspbery Pi aanmekaar gesit het. Cor Rademeyer, ZS6CR, kom vertel ons meer oor die Sagteware gedefineerde transpondeerder wat in ‘n kubussatelliet geplaas gaan word en daar sal ook nuus wees rakende kletskous.


Koste beloop R20-00 vir verversings en ‘n donasie aan die Kletskous ontwikkelings fonds. Besoek www.amsatsa.org.za vir meer inligting en om te bespreek. Betaling kan via EFT gedoen word of in kontant by die deur. Maak asb van die besprekings vorm gebruik om die organiseerders te help met reelings t.o.v die spyseniering. Die werk winkel begin om 09:00 en duur tot 13:00.


**** Die RaDAR uitdaging is 'n unieke geleentheid wat gemik is op die bevordering van die gebruik van vinnig ontplooide amateur radio stasies. Hierdie uitdaging is vir alle gelisensieerde radioamateurs en nie beperk tot Suid-Afrika nie. Die uitdaging vind plaas vanaf 00:00 UTC tot 23:59 UTC op Saterdag 5 November 2016.

Alle amateur bande word toegelaat, insluitend kruis kontakte via AmateurRadio sateliete. Modes - gelykgolf, ESB, AM, FM of enige wetlike digitale modus. QSOs via aardse herhalers sal NIE toegelaat word nie.

Die radar uitdaging vereis meer as 'n minimum uitruiling van inligting. Akkurate inligting uit ruil word beskou as meer belangrik as 'n groot QSO telling. Roepsein, naam, RS(T) verslag, QTH en ruit verwysing. Let op die ruitverwysing kan verander want 'n radar operateurs mag posisie skuif tereniger tyd.

Die telling is 1 punt per QSO. Daar is verskeie vermenigvuldigers en bonus punte. Logstate moet ingehandig word een 15 November 2016 en per e-pos gestuur word aan edleighton@gmail.com.
Lees asseblief die 2016 Blouboek en besoek ook www.radarops.co.za want Eddie het 'n paar veranderinge aan die reëls gemaak.

**** Die doel van die PEARS HF DX kompetisie is om Suider-Afrikaanse radioamateurs aan te moedig om DX werk. Die kompetisie vind plaas op Sondag 6 November 2016 en begin om 12:00 UTC en eindig om 16:00 UTC. Dit is 'n foon alleen kompetisie met aktiwiteit op die 20, 15 en 10 meter band.

Jy kan deelneem as 'n enkel-operateur, basis of veldstasie of 'n multi-operateur, basis of veldstasie. Stasies word die maksimum krag toegelaat volgens die regulasies in die land waarin die operateur werk.

Een punt word verdien vir elke QSO en 'n stasie kan een keer gekontak word per kompetisie band. Veldstasies moet hul telling met 2 vermenigvuldig en 'n verdere vermenigvuldiger van twee (2) is beskikbaar indien die stasie gebruik maak van 'n nie-wins antenna met verwysing na 'n dipool. Dan word die telling vermenigvuldig met die aantal lande gekontak.

Die uitruiling is jou roepsein en RS-verslag. Logstate moet teen 20 November 2016 ingedien word by die Port Elizabeth AmateurRadio vereniging, Posbus 10402, Linton Grange, Port Elizabeth, 6015 of per e-pos aan contest@peham.co.za. Geen laat inhandiging sal in ag geneem word nie.

**** Die November Radio ZS is beskikbaar vir aflaai vanaf die Liga se webtuiste. In hierdie uitgawe, kan jy die JOTA en CQ Hou Koers verslae lees. Lees meer oor die Heard Island VKØEK DXpedisie, van die Kaapstadse oogpunt. Daar is twee artikels oor die Internasionale Vuurtoring naweek en uit te vind hoe om bier blikkies te gebruik om antennas te bou. Daar is nog meer in hierdie 56-bladsy uitgawe.


**** Tjerk Lammers ZS6P, die SARL se Toekennings bestuurder, het aangekondig dat verskeie nuwe mylpale in die SARL se Worked All ZS-toekennings program behaal is.
Vroeg in Oktober het Pieter Jacobs ZS6XT die tweede amateur geword wat die 1000-pyl behaal het.
Voorloper Jan Botha ZS4JAN het kort hierna toekennings vir WAZS-1600 en vir 1500 op Stem en 7 MHz aan gevra. Hy het ook sy 3.5 MHz-totaal tot by 800 opgeskuif en WAZS op Kode, 'n nuwe modus vir hom, bygesit.
Chris R. Burger ZS6EZ het aansoeke vir WAZS-300 op Kode, en vir basiese WAZS op 28 en toe op 21 MHz in gegee. Hierdie twee bande voltooi sy Vyf band-Worked All ZS, omdat hy op elke klassieke HF-band aan al die vereistes voldoen het. 'n Spesifieke sertifikaat is uitgereik om hierdie prestasie te gedenk. Chris het ook die eerste WAZS-200 op 14 MHz by sy versameling gevoeg.
Chris vertel dat by verre die moeilikste vereiste was om die kwota van ZS5-stasies te vul. Op beide 28 en 21 MHz was al die ander vereistes al meer as 'n jaar afgehandel voordat hy uiteindelik die laaste ZS5-stasies kon vang.
Worked All ZS het die SARL se gewildste toekenning geword. Meer as 600 sertifikate is uitgereik van dat die reëls in 2000 hersien is. Dit is nou moontlik om meer as 1000 Suid-Afrikaanse roepseine op die Liga se SA-QSL-aanlyn stelsel te bevestig. Dis nie genoeg vir die baanbrekers hierbo nie; hulle eerstes verg tipies dekades se werk en heelwat papier-QSL's.


**** Die 80 METER QSO PARTYTJIE VIR OKTOBER 2016 RESULTATE IS AS VOLG.

1.Thanie Gibson, ZS4AZ, 690
2.Pieter Jacobs,ZS6ERB, 585
3.Barry Nugent, ZS2NF, 545


80 METER QSO PARTYTJIE, RESULTATE APRIL EN OKTOBER

1.Romeo Nardini, ZS6ARQ, 745
2.Johan van Zijl, ZS4DZ, 735
3.Thanie Gibson, ZS4AZ, 690


**** En die uitslae van die SARL QRP wedstryd is as volg

1st Thanie Gibson ZS4AZ 348 punte
2nd East Rand Branch ZS6ERB 264 punte
3rd Hammies ZS6ZU 260 punte

Algehele uitslae oor die laaste 4 wedstryde:

1st Hammies ZS6ZU 1654 points
2nd West Rand ZS6WR 1142 points
3rd East Rand Branch ZS6ERB 1092 points

Geluk aan die Hammies

Die volledige uitslae is beskikbaar op die SARL webblad, ons dank ook aan Geoff Levey, ZS6C, vir hierdie uitslae.



HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak baie laag gaan wees. Daar is bykans geen kans vir ernstige sonfakkels nie.

Diegene wat hulle eie frekwensie voorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van 6 vir die week gebruik.

Amateurs kan goeie openinge op die 15 tot 20m bande verwag. Daar is selfs 'n moontlikheid van 10m openinge op Noord-Suid son verligte paaie.

Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

** Kom ons loer nou na gebeure vir die volgende paar weke:

Vandag 30 Oktober - CQ WW DX ESB Kompetisie
5 November - RaDAR Uitdaging
5 November - Pretoria Amateur Radio Klub Snuffelmark
6 November - Die PEARS HF DX Kompetisie
13 SARL Jeug Net
19 November - Antieke Draadloos Vereniging AJV & Snuffelmark
26 - 27 November - CQ WW DX CW Kompetisie
26 November - Wes Rand Snuffelmark


Ons sluit die bulletin af met ‘n kort opsomming van ons hoof berig:
Tjerk Lammers ZS6P het aangekondig dat nominasies vir die volgende rondte van insluitings in die Ere gallery nou oop is. Die benoemings kan gemaak word tot die einde Februarie 2017


Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

** Die Suid-Afrikaanse Radio liga se nuus diens nooi klubs en individue uit om nuus brokkies van belang vir radio amateurs en kort golf luisteraars in te dien. Plaas nuus berigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radio liga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum vooraf gaan nie.

Luister elke Sondag oggend om 10:00 plaaslike tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 plaaslike tyd op 4 685 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou sein rapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za.Sentechborg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.

Jy het geluister na 'n nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radio liga, saam gestel deur Dawie Conradie, ZR6DHC, geredigeer deur Ryan Gibson, ZS6GGR, en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse nuus span groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003